GROWING FORWARD LEERSENTRUM

Jou kind kan méér. Soms het hulle net die regte manier nodig.

Sukkel jou kind met lees, leer, konsentrasie of studiemetodes?

Of is hulle onseker oor vakke en ’n toekomstige loopbaan?

By Growing Forward kyk ons verder as net punte.

Ek help leerders om te verstaan waar hulle vashaak, nuwe vaardighede te

ontwikkel en met groter selfvertroue vorentoe te beweeg.

HOE KAN EK JOU KIND HELP?

LEESONTWIKKELING

Lees is die basis van leer.

Ek help leerders om met meer begrip, selfvertroue en vaardigheid te lees — en om weer die lekker van stories en boeke te ontdek.

Lees • Begrip • Woordeskat • Konsentrasie

REMEDIËRENDE ONDERSTEUNING

Wanneer die fondasie aandag nodig het.

Individuele ondersteuning vir leerders wat sukkel met kernvaardighede wat leer moeiliker maak.

Lees • Spelling • Skryf • Konsentrasie • Perseptuele vaardighede

STUDIEMETODES

Moenie net harder leer nie. Leer slimmer.

Ek leer jou kind hóé om te leer — van tydsbestuur en opsommings tot breinkaarte, geheuetegnieke en eksamenvoorbereiding.

Beplan • Verstaan • Onthou • Hersien • Pas toe

LOOPBAAN- EN VAKKEUSE

Die regte rigting begin by: Wie is ek?

Ek help jongmense om hul belangstellings, werkswaardes, denkstyl en sterkpunte beter te verstaan en dit te verbind aan moontlike vak- en loopbaanrigtings.

Ken jouself. Ontdek jou moontlikhede. Kies met groter sekerheid.

DARE2LEARN DIFFERENTLY

Met Thinking Tools leer kinders om aktief te dink, vrae te vra, inligting te verbind, probleme op te los en kennis toe te pas.

Want leer gaan oor méér as memoriseer.

Dink • Bevraagteken • Verbind • Verduidelik • Pas toe

NIE SEKER WAAR JOU KIND MOET BEGIN NIE?

Jy hoef nie self te besluit of jou kind leesontwikkeling, remediërende ondersteuning, Thinking Tools of studiemetodes nodig het nie.

Vertel my waarmee jou kind tans sukkel.

Saam bepaal ons die beste volgende stap.

ONTMOET TANYA

Ek is Tanya Gagiano — onderwyser, remediërende opvoeder, studie- en loopbaanafrigter en Dare2Learn Differently Tutor.

Met dekades se ervaring in onderwys het ek een ding oor en oor gesien:

’n Kind wat sukkel, het nie altyd nóg werk nodig nie.

Soms het hulle ’n ánder manier nodig.

By Growing Forward help ek leerders om nie net beter te presteer nie, maar om beter te verstaan, dink, leer en groei.

By Growing Forward help ek leerders om nie net beter te presteer nie, maar om beter te verstaan, dink, leer en groei.

KOM ONS HELP JOU KIND VORENTOE

Of die uitdaging lees, leer, studeer, basiese vaardighede of toekomstige rigting is,

ons begin waar jou kind nou is.

Individuele en klein groepsessies
📍 Faerie Glen, Pretoria
💻 Aanlyn ondersteuning waar toepaslik

Die eerste stap is eenvoudig.

Vertel my ’n bietjie van jou kind en waarmee

julle hulp nodig het.

Growing Forward Studiesentrum

Leer anders. Dink beter. Groei vorentoe.

Unlock Potential, Inspire Growth, and Build Bright Futures