
KOM WEER OP
JOU VOETE
Wanneer jou lewe verander het, maar jy nie weet hoe om saam met die verandering vorentoe te beweeg nie.
Verlies, trauma en langdurige stres kan jou laat voel asof:
Jy vasgevang is.
Jy funksioneer net.
Jy gaan aan.
Maar diep binne weet jy:
“Ek is nie meer myself nie.”
Jy hoef nie die hele pad vorentoe te ken nie.
Jy het net ’n plek nodig om te begin.
EK KEN HIERDIE PAD
Ek het my man verloor en moes self leer hoe om voort te gaan met ’n lewe wat skielik heeltemal anders lyk.
Ek het geleer:
Aangaan is nie dieselfde as herstel nie.
Coaching en MLNP het my gehelp om my verlies te verwerk, nie om te vergeet nie, maar om weer vorentoe te kon beweeg.
Vandag help ek ander om dieselfde te doen.
Om weer hulle voete te vind. Een tree op ’n slag.


WANNEER JOU BREIN NET NIE
KAN “AANGAAN” NIE
VOEL JY DALK:
Oorweldig
Emosioneel uitgeput
Vasgevang in dieselfde gedagtes
Sonder energie of rigting
Asof jy jouself verloor het
Jy hoef nie net harder te probeer nie.
HOE KAN MULTI LEVEL NEURO PROCESSING (MLNP) HELP?
MLNP help jou brein en senuweestelsel om die las van
trauma, verlies en stres te verwerk.
Wanneer jou brein weer ’n groter gevoel van veiligheid ervaar, kan jy begin om:
Helderder te dink.
Emosioneel sterker te voel.
Nuwe perspektief te kry.
Weer vorentoe te beweeg.
Nie om jou storie te vergeet nie.
Maar om weer jou lewe te kan leef.
ONS BEGIN WAAR JY NOU IS
Geen vaste resep nie.
Geen oordeel nie.
Geen verwagting dat jy reeds al die antwoorde moet hê nie.
Net een vraag:
Waar voel jy vasgevang?
En van daar af begin ons saam werk aan die volgende tree.
JY HOEF NIE VIR ALTYD HIER VAS TE HAAK NIE.
Jy hoef nie vandag te weet hoe die hele pad vorentoe gaan lyk nie.
Jy hoef net gereed te wees vir die eerste tree.
KOM WEER OP JOU VOETE.
Een tree op ’n slag.





Unlock Potential, Inspire Growth, and Build Bright Futures